Sakeliga se Nuutste Inligting
Sakeliga is ‘n doelgemaakte voertuig vir missie-gerigte vennote om ‘n florerende ekonomie vir besighede en die gemeenskappe wat hulle dien te bou. Ons ontwikkel hoë-impak, skaalbare oplossings vir staatsverval deur strategiese litigasie en alternatiewe bestuurstrukture.
Episodes

Tuesday Aug 06, 2024
Tuesday Aug 06, 2024
Die Property Practitioners Regulatory Authority (PPRA) weerhou sedert ten minste April 2024 eiendomspraktisyns se Getrouheidsfondssertifikate (FFC's) op grond van BEE en verhinder hulle sodoende om wettig sake te doen.
Sakeliga het van die PPRA 'n geskrewe onderneming vereis dat dit die beleid sal terugtrek en omkeer, na aanleiding van onlangse berigte dat die PPRA ’n tydelike onderbreking ingestel het.
Die PPRA het nie sy amptelike beleid verander nie en ignoreer eise om die beleid in die openbaar terug te trek, afgekeurde FFC-aansoeke te heropen, en dit daartoe te verbind om soortgelyke BEE-gegronde beperkings in die toekoms te vermy.

Wednesday Jul 31, 2024
Wednesday Jul 31, 2024
Sakeliga het 'n spesiale bestraffende kostebevel teen die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (COGTA) en die Noordwes-regering verkry.
Die hof het bevind dat die staatsrespondente "probeer het om hul grondwetlike plig te ontduik" en dat hul teenkanting teen Sakeliga "heeltemal onnodig" was.

Saturday Jul 27, 2024
Saturday Jul 27, 2024
President Cyril Ramaphosa se ondertekening op 23 Julie 2024 van drie nuwe wette hou ernstige bedreigings vir die ekonomiese omgewing in.
Sodra die veelpartyregering dit begin implementeer, sal die Wet op Staatsverkryging, Wysigingswet op Nasionale Kleinsake, en die Wet op Klimaatsverandering die koste van besigheid in Suid-Afrika verhoog terwyl dit staatsverval versnel.
Elkeen is potensieel skadelik op sy eie en almal dra by tot 'n onheilspellende reeks wetsbedreigings, waarvan die onlangs ondertekende NHI-wet, regstellende aksie-regulasies, en derde-golf BEE-bepalings deel is.
![Nuwe Wet op Staatsverkryging: ’n Resep vir versnelde staatsverval [Sakeliga Persverklaring]](https://pbcdn1.podbean.com/imglogo/image-logo/18782899/Sakeliga-logo-grey-Apple-AF_aw6ird_300x300.jpeg)
Wednesday Jul 24, 2024
Wednesday Jul 24, 2024
Die Wet op Staatsverkryging, wat President Cyril Ramaphosa vandag geteken het, is ’n resep vir versnelde staatsverval. Die wet beoog om staatsentiteite se verkrygingskeuses streng aan bande te lê met voorskrifte oor ras, nasionaliteit en meer. Dit sal kostes verhoog en die gehalte van dienslewering verlaag, terwyl dit moontlik ongekende korrupsie sal bevorder.Die wet is sowel onkonstitusioneel as skadelik. Volledige verklaring: https://sakeliga.co.za/nuwe-wet-op-staatsverkryging-n-resep-vir-versnelde-staatsverval/

Thursday Jul 04, 2024
Thursday Jul 04, 2024
Die nasionale verkiesing het vir ons meer vloeibare en mededingende politiek gebring. Die meeste ontledings fokus tans op hoe dit kan lei tot beter regering en staatsadministrasie, maar by Sakeliga vra ons ook hoe dit ons langtermyn strategiese doel beïnvloed. In die toenemende politieke kompleksiteit sien ons geleenthede om nie net die regering se impak op die sake-omgewing te verbeter nie, maar ook om uiteindelik die staat se rol in die ekonomie te herdefinieer.
Omdat verkiesings korttermyn politieke aangeleenthede beklemtoon, is dit maklik om te vergeet dat die rol van die staat sélf kan (en soms moet) verander. Deur sy geskiedenis het die staat beide uitgebrei en gekrimp, afhangend van die krag en gesag van ander georganiseerde sektore van die samelewing wat verder as vyfjaarlikse verkiesingsiklusse dink.
By Sakeliga beskou ons die komende dekade van toenemende politieke kompleksiteit as 'n geleentheid om regering te hervorm, ja, maar ook om die staat-besigheid verhouding grondig te heronderhandel.
Vir meer inligting, besoek - https://bit.ly/4bqCWlT

Friday Jun 07, 2024
Friday Jun 07, 2024
Eerste Golf BEE: Politieke Voetwerk terwyl Markte Oopmaak (Sedert 1994)
Tweede Golf BEE: Die Statutêre Fase (Sedert 2004)
Derde Golf BEE: Toegangsbeheer (Sedert ~2018)
Vir meer inligting, besoek - https://sakeliga.co.za/die-derde-golf-van-bee-wat-dit-is-en-waarom-dit-gestop-moet-word/

Thursday Jun 06, 2024
Thursday Jun 06, 2024
Sakeliga het op 31 Mei 2024 ‘n dringende bevel ter beskerming van munisipale eindgebruikers in die Noordwes-hooggeregshof bekom. Die bevel beskerm gebruikers wat billik optree en aan wetgewing voldoen se reg om betalings waaroor ‘n geldige geskil bestaan van ‘n munisipaliteit te weerhou.
Vir meer inligting, besoek - https://sakeliga.co.za/sakeliga-beskerm-munisipale-dispuutprosesse-met-dringende-hofbevel-in-noordwes/?utm_source=podbean&utm_medium=podcast_page&utm_campaign=af_ditsobotla_press_releas

Thursday Jun 06, 2024
Thursday Jun 06, 2024
Die FSTC gaan ongegrond voort om die oorhandiging van inligting, oor sy BEE-beleide en kwansuise gesag om nakoming te eis, aan Sakeliga te vertraag.
For more info, visit - https://sakeliga.co.za/fstc-verander-van-deuntjie-en-probeer-verantwoordbaarheid-ontduik/?utm_source=podbean&utm_medium=podcast_page&utm_campaign=af_ditsobotla_press_releas

Thursday May 30, 2024
Thursday May 30, 2024
Ondernemings in Lichtenburg, ’n plaaslike dienstevereniging en Sakeliga het ’n dringende hofaansoek oor onwettige kragonderbrekings teen die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit gebring.
Meer inligting - https://sakeliga.co.za/dringende-aansoek-om-munisipale-dispuutproses-in-lichtenburg-te-beskerm/?utm_source=podbean&utm_medium=podcast_page&utm_campaign=af_ditsobotla_may_2024



